Hemelvaartsdiens

Published Jun 2, 2019 by Webmeester in Uncategorized

Die afgelope Donderdag, 30 Mei 2019, het ons as gemeente weereens die voorreg gehad om te kon deel in ‘n hemelvaartsdiens.

Dr Johan Bester het die diens waargeneem. Die tema vir die geleentheid was “…julle sal krag ontvang…”

In Handelinge 1 vers 8 lees ons as volg.

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Almal wat teenwoordig was by die geleentheid het dit werklik insiggewend gevind.

In Christuse se voetspore

No Response to “Hemelvaartsdiens”

Comments are closed.