COVID-19 -Vlak 1 Inperking 01 Mar 2021
Die kabinet het op 10 Februarie 2021 bevestig dat die ramptoestand verder verleng sal word. Op 11 Februarie 2021, soos gepubliseer in staatskoerant nommer 44150 gedateer 11 Februarie 2021, het die regering die ramptoestand verder verleng tot 15 Maart 2021. Die verwagting is dat dit weereens verder verleng sal word.
Op 28 Februarie 2021 het die president, Cyril Ramaphosa, die land toegelig oor die status van die inperking. Vanaf 1 Maart 2021 word die vlak 3 inperking verlaag na vlak 1, met aanpassings soos gepubliseer in Staatskoerant 44201 op 28 Februarie 2021.
Volgens Regulasie 72(3) van die aangepaste Regulasies word kerklike byeenkomstes toegelaat met die beperking van 50% besetting tot ‘n maksimum van 100 persone vir binneshuise persele, ensovoorts. Gesondheids protokolle en sosiale afstand moet deurgaans toegepas word soos deur die regulasies bepaal.
Die gemeente se in-persoon eredienste het reeds op 14 Februarie 2021 hervat soos deur die kerkraad besluit op 7 Februarie 2021. Die virtuele aanbieding van die boodskap bly in plek.
U kan ‘n transkripsie van die president se toespraak, gehou op 28 Februarie 2021, by hierdie skakel aanlyn lees.
Beste Groete aan u almal
Martinus Gouws
No Response to “COVID-19 -Vlak 1 Inperking 01 Mar 2021”