Kennisgewing aan Gemeente
Goeiedag Noorderligters
Ek vertrou dit gaan goed met elkeen van julle.
Goeie nuus die kerkraad het op sy pas afgelope vergadering besluit om op 22 November 2020 die in persoon eredienste te hervat. Ons sal daardie Sondag Nagmaal gebruik. Die nodige reëlings sal tydens die erediens deurgegee word.
Al die Covid-19 protokolle is nog steeds van krag en moet stiptelik nagekom word. Weens die fisiese grootte van ons aanbiddingsplek, kan ons om veiligheidsredes net 25 persone akkommodeer. Dit sluit die predikant, rekenaar operateur, orrelis en koster in.
Daarom versoek ons almal bo die ouderdom van 60 om eerder die aanlyn eredienste te bly kyk en so ook almal wat kroniese siektes onderlede het. Dra asseblief julle maskers te alle tye, was julle hande gereeld en handhaaf die sosiale afstand van 1.5 meter te alle tye. Indien jy vermoed dat jy moontlik siek kan wees, bly asseblief by die huis. Ons weerhou ons ook van die gebruik om mekaar met die hand te groet en geen kuier voor of na die erediens nie. Ons maak staat op elkeen se samewerking.
Let wel elkeen woon die eredienste op eie risiko by en kan nie die gemeente en of die kerkraad aanspreeklik hou indien jy die Covid-19 virus opdoen nie.
Groete in Christus.
Dr Johan Bester
No Response to “Kennisgewing aan Gemeente”