COVID-19 Keuringsvraelys

Published Nov 18, 2020 by Webmeester in COVID-19, Gemeente Kennisgewing

Goeiedag Noorderligters

Ek vertrou dit gaan goed met elkeen van julle.

Soos per die vorige kennisgewing op 13 November 2020 het die kerkraad besluit om vanaf 22 November 2020 weer in-persoon eredienste te hou. Die nodige gebeurlikheidsplan en risiko analises is ontwikkel. Verder is ‘n COVID-19 span saamgestel om uitvoering te gee aan die gebeurlikheidsplan.

Soos deur die regulasies bepaal bestaan die nodigheid om COVID-19 keuring te doen vir bywoning van die eredienste. Die nodige vraelys is ontwikkel en kan afgelaai word om tuis ingevul te kan word. Die vraelys bestaan uit twee bladsye wat rug aan rug op een vel papier gedruk moet word. U kan ook by die erediens die nodige gedrukte vraelys bekom. Die vraelys moet ingedien word by die erediens, waar dit nagesien word, voordat u toegang tot die erediens verleen word.

Al die standaard COVID-19 protokolle waaraan ons nou al gewoond is geld ook by die eredienste. U kan ook ‘n afskrif van die gebeurlikheidsplan versoek wat meer inligting verskaf.

Groete in Christus

Skriba

No Response to “COVID-19 Keuringsvraelys”

Comments are closed.