COVID-19 -Vlak 3 Inperking 02 Feb 2021

Published Feb 2, 2021 by Webmeester in COVID-19, Gemeente Kennisgewing

Op 13 Januarie 2021 het die regering die ramptoestand verder verleng tot 15 Februarie 2021. Die verwagting is dat dit weereens verder verleng sal word.

Op 1 Februarie 2021 het die president, Cyril Ramaphosa, die land toegelig oor die status van die inperking. Die vlak 3 inperking bly van krag, met aanpassings soos gepubliseer in Staatskoerant 44130 op 01 Feb 2021.

Volgens Regulasie 36 van die aangepaste Regulasies word kerklike byeenkomstes weer toegelaat met die beperking van 50% besetting tot ‘n maksimum van 50 persone vir binneshuise persele, ensovoorts. Gesondheids protokolle en sosiale afstand moet toegepas word soos deur die regulasies bepaal.

Die kerkraad het nog nie vergader om die wysigings te bespreek nie. Die virtuele aanbieding van die boodskap bly in plek vir nou. Die kerkraad het ‘n beplande virtuele vergadering wat op DV, Sondag 7 Februarie 2021 plaasvind waar die aangeleentheid bespreek sal word.

U kan die president se toespraak, gehou op 1 Februarie 2021, by  hierdie skakel aanlyn lees.

Sterkte aan u almal.

Beste Groete

Skriba

No Response to “COVID-19 -Vlak 3 Inperking 02 Feb 2021”

Comments are closed.